DIE MIER IS HIER

Die kleuterskool begin bekendstaan as “Die Raslouw Miernes”. Die mier van Die Raslouw Miernes is gereed vir aksie, en die tekkies wys dat daar op ‘n drafstap gewoel word.

Ons moet ongelukkig die aansoeke vir die kleuterklas (3 – 5 jariges) op die oomblik op ‘n waglys sit. Daar word hard gewerk aan die uitskuif van die kleuterskool na ‘n eie plek: moet dus nie weggaan nie en doen solank aansoek vir keuring. Die reëls is eenvoudig: gesinne wat kinders in die Laerskool Raslouw of Hoërskool Raslouw het, se kleuters kry eerste plek. Daarna soos wat daar plek beskikbaar kom en in die volgorde wat aansoeke en keuring afgehandel is. Eerste gekom, eerste in.

Aansoeke vir al die grade is net so welkom. In meeste klasse van Graad 3 opwaarts kan ons nog leerlinge inpas, maar ouers van jonger kinders (wat volgende jaar in Graad 0, 1 en 2 plek wil hê) moet veral vinnig aansoek doen.

Ons volgende opedag is 21 Augustus 2010 – van kleuter tot Graad 11

Leonard van der Dussen
Voorsitter

Artikel geplaas deur Redakteur op 2 August 2010 onder Algemene Kategorie • Comments Off

NASKOOL GAAN VOORUIT

Eers was dit net enkele leerlinge wat deur ‘n tannie opgepas is. ‘n Paar jaar gelede word dit toe voltyds met ‘n onderwyseres elke middag van die skoolkwartaal. Ongeveer drie jaar gelede is begin om versnaperinge te voorsien.

Vanaf 26 Julie 2010 sluit mev Sylvia Nieuwoudt as naskool-assistent aan en kry die voorskoolse kinders hulle eie toesighouer. Welkom juffrou Sylvia!

Raslouw Onderwys is bewus van die behoefte aan ‘n heeljaar voldag sorgsentrum onder die grondslag en beginsels van Laerskool Raslouw en Hoërskool Raslouw. Ons werk daaraan.

Artikel geplaas deur Redakteur op 23 July 2010 onder Argief • Comments Off