| SKOOLTYE | |
| Junior primêr: | Maandag tot Vrydag: 07h30 – 12h45 |
| Senior Primêr: | Maandag tot Donderdag: 07h30 – 13h15; Vrydag: 07h30 – 12h45 |
| Hoërskool: | Maandag tot Donderdag: 07h30 – 13h45; Vrydag: 07h30 – 12h45 |
(Hierdie tye kan soms gewysig word om sport of ander naskoolse bedrywighede in te pas).
SKOOLDRAG
Formele skooldrag is verpligtend vanaf Graad 1. Die skoolklere word deur die skole self verkoop en pryse word sodoende in toom gehou, terwyl die klere van die beste verskaffers verkry word. Daar is ook sportdrag en opsionele bykomstighede, soos pette en die Raslouw Woeries-serp vir die winter.
Kontak aankope@raslouwskool.co.za .
SKOOLGELD
Vanaf Januarie 2010
Die skoolgeld vir hoërskoolleerlinge (slegs graad 8 tot 11) is tans R2150,00 per kind per maand vir twaalf maande. Graad 7 leerlinge betaal R1550,00 . Laerskool leerlinge betaal R1380,00 vir die eerste kind per maand, ‘n tweede kind uit dieselfde gesin betaal R980,00 per maand, ‘n derde is R680,00. Graad 0 leerlinge word teen R1080,00 per maand geakkommodeer en die kleuters (3 jaar en ouer) teen R980,00 per maand. Naskooltariewe beloop R390,00 per maand per kind en R40,00 per dag ad hoc.
Elke gesin maak ‘n deposito van R3000,00 as lening aan die skool. Die lening word rentevry terugbetaal wanneer die laaste kind van ‘n gesin die skool verlaat. Versoeke om die leningsbedrag oor tot ses maande af te betaal, sal oorweeg word.
Aansoekgelde vir lidmaatskap van die skool beloop R200,00 en ‘n eenmalige registrasiefooi is by eerste toelating betaalbaar.
BEURSE
Beurse is beskikbaar: as u kinders by ons tuishoort, kom gesels eers voordat u besluit u kan dit nie bekostig nie. Ons plaas die spontane skenkings, klein en groot, wat ons kort-kort bereik, in die beursfonds waardeur ons u kind dalk kan help as u nie heeltemaal al die koste self kan dra nie. Dit is natuurlik onderhewig aan beoordeling en keuring.
JAARPROGRAM
Die jaarprogram word gepubliseer vir persoonlike gebruik. Enige afkondiging by die skool of ander vorm van kommunikasie kan die gepubliseerde datums en tye beïnvloed.
Weergawe 2, gepubliseer 16 Maart 2010.
- Outlook-formaat: Laai af en maak lêer oop om in Outlook in te trek
- Maandkalender
Skoolkwartale vir 2010
Ons skoolkwartale vir 2010 is soos volg:
| KWARTAAL | OPEN | SLUIT |
| Eerste | 12 Januarie | 26 Maart |
| Tweede | 12 April | 11 Junie |
| Derde | 12 Julie | 23 September |
| Vierde | 11 Oktober | 10 Desember |
Die volgende openbare vakansiedae is anders as die staatskalender hanteer:
- Die skool het ‘n gewone skooldag op 27 April 2010 gehad. Die week van 26 – 30 April 2010 is nie onderbreek nie.
- Die skool was gesluit op 13 en 14 Mei 2010: 13 Mei is Hemelvaartdag, en ons het ‘n langnaweek daarvan gemaak.
NASKOOLGERIEWE
‘n Formele naskooldiens is beskikbaar gedurende skoolkwartale.
