Die skool se geloofsgrondslag word bepaal deur die Drie Formuliere van Eenheid (Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls).
Lees gerus die Grondslag en Beginsels.
Die Raslouw skole bied vakonderwys aan. Leermateriaal word jaarliks vooruit evalueer en toepaslike boeke aangekoop om die skool se leerplanne en die onderrig daarvan uit te voer. Die skool beklemtoon formele klasonderrig, met lesings, inoefening, toetse en eksamens.
Onderwysers wat by die personeelkorps van die Raslouw skole wil aansluit, kan die laerskool aansoekvorm of hoërskool aansoekvorm aflaai.
Oueraande word aan die einde van elke kwartaal gehou en rapporte persoonlik uitgedeel en met elke ouer bespreek.
Die ouergroep van Raslouw skole het 'n vriendskapband, gebind deur die gemeenskaplike doel om kinders bekwaam te maak vir hulle lewe.