boekwinkel

Ons het ‘n groot versameling tweedehandse skoolboeke en leesboeke

  • Lys van boeke wat tans aangebied word
  • Bestelvorm
  •  

    Die volgende boeke kan by verkope@raslouwskool.co.za bestel word vir gebruik tuis of in die klaskamer; (pryse sluit posgeld en verpakking uit):

    • Troos, troos my volk  – dr A H Boogaards (handboek en werkboek oor die Heidelbergse Kategismus) (R110)
    • Laat my lammers wei – ds M J Booyens (Bybelse geskiedenis handboek wat van die skepping tot die eindtyd, van Genesis tot Openbaring in gemaklike hoofstukke saamvat) (R60)

    ________________________________________________________________________


    Die blad kan op twee maniere gebruik word:

    1. Om boeke aan te koop vir skool se biblioteek. Enige persoon kan ‘n boek aankoop en dan aan die skool skenk om sy biblioteek te vernuwe en uit te brei. Daar is ‘n spesiale rak vir die skool se ywerige lesers waar hulle eerste toegang tot die uitsoekversameling kry.
    2. Om boeke vir huisgebruik aan te koop. Die boeke hieronder is almal van goeie gehalte en kan gerus in die huis gebruik word.

    Kliek bloot op die prentjie of titel van die boek om dit aan te koop. Om enige ander aankope by Kalahari.net te maak, kliek op die algemene advertensie hieronder.

    Laerskool Raslouw ontvang kommissie op enige verkope by Kalahari.net wat ‘n oorsprong van hierdie bladsy het.

    Stoutsterte: Van Texel tot Tafelbaai
    - Marianna Brandt
    In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na ’n nuwe land. Daar en dan besluit hy, hulle gaan saam. Texel is nie die plek vir koulike muise nie. So klim Pieta en sy vrou Leentjie en hul neef, Koot Kaas en sy verwagtende vrou Ellie, die oggend van 25 Desember 1651 op die Drommedaris – met sterre in hul oë en hoop op ’n gesonder lewe in die land van sonskyn. Maar o, wee, gou het die gevare op die skip die sterre uitgedoof. ’n Wreedaardige gemmerkat en ’n wraaksugtige papegaai patroleer die kombuis, ’n seerowerrot maak sy verskyning en terroriseer die klein Kaasies. Maar muis se kinders laat hulle nie onderkry nie en beleef uiteindelik die wonderlikste avonture wat enige muiskind net van kan droom. ’n Heerlike humoristiese storie wat, tesame met die uitsonderlike illustrasies, ’n geskiedkundige reis vir jonk en oud toeganklik maak.

     
    Stoutsterte: Poot aan wal
    - Marianna Brandt
    Die tweede titel oor die avonture van die twee muisgesinne, die Van Stertens en die Kaase, wat in die eerste titel saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris op 6 April 1652 uit Texel in die Kaap aangekom het. Skielik moet die klomp Europese grysmuise aanpas in ‘n nuwe land vol onsekerhede, gevare en ‘n tekort aan ordentlike muiskos. Hulle ontmoet die inheemse muise, Oedas en Gorra, wat van die veld leef en onder bosse en in gate woon en hulle beleef saam met kommandeur Van Riebeeck, die matrose en soldate die die eerste nat, koue winter en die bou van die fort De Goede Hoop.

     
    Brolloks en Bittergal
    - CJ Langenhoven
    Die verwerking konsentreer op die twee ou skelms, Brolloks en Bittergal, lekker bangmaak-karakters, wat vir baie geslagte heen kinders se tone laat omkrul het van vrees en bewing. Maar eintlik is hulle twee dommies, en word elke keer uitoorle deur hulle “slagoffers” wat vernuftig deur verskeie diere gehelp word om uit die twee se kloue te ontsnap. Dit stories speel af in die Karoo en het die tipiese afmosfeer van die tyd en plek – en tussen die lyne is dit eintlik ‘n humoristiese verhaal van twee mensvreters wat net nie die mas opkom nie.

     
    Water
    - Penelope Arden
    Lig die flappe, vou die blaaie uit, en ontdek alles omtrent water! Almal is versot op water – om dit te drink, om in poele te plas en om te gaan swem. Maar waar kom dit vandaan? Hoekom dryf ‘n boot? Hoe maak ‘n mens ysies? Loergaatjie-boeke het ‘n verrassing op elke bladsy. Daar is soveel plesierige dinge om te vind en soveel opwindende dinge om te sien en te doen dat elke kind dit sal geniet om die wêreld rondom hom te ontdek.

     
    Hoe hoog kan ‘n sprinkaan spring?
    - Jaco Jacobs, Reinier Terblanche
    Gogga! Wat is die eerste ding waaraan jy dink as iemand so skree? Natuurlik trap dit dood! Of: Gryp die vlieëgif! Daar gaan omtrent nie ‘n dag verby dat jy nie ‘n insek of twee sien nie. Insekte is oral hulle bly in ons tuine, kom steel saans suiker uit die suikerpot, fladder bokant blomme of kruip in die appel weg waaraan jy pas gehap het. Party insekte, soos skoenlappers en skilpadkewers, is baie mooi. Ander, soos kakkerlakke en koringkrieke, is weer vir party mense baie grillerig. In hierdie boek word daar nader kennis gemaak met die wonderlike wêreld van goggas. Ons gaan kyk na wat goggas eet, waar hulle woon, hoe om hulle te bewaar en selfs watter goggas die rekords hou vir verspring en hoogspring.

     
    Anderkantland
    - Martie Preller
    Wenner van die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur, 1994. ‘n Gewone meisiekind gaan stap op ‘n gewone middag in ‘n gewone bos… en kom af op die varkie wat besig is om vir hom ‘n strooihuisie te bou…

     
    Bessie Hemelbesem En Oom Sak Sarel Se Testament
    - Janie Oosthuysen
    Ontmoet vir Bessie Hemelbesem. Sy bly saam met haar ma en pa in ‘n krom en skewe toringhuis op Langeraatsfontein. Bessie wil dolgraag ‘n speurder word wat opwindende sake ondersoek. Maar niks gebeur ooit op Langeraatsfontein nie…

     
    Bessie Hemelbesem En Die Skat Van Smokkelaarsbaai
    - Janie Oosthuysen
    Bessie kan nie wag om met vakansie te gaan nie. Smokkelaarsbaai klink na ‘n baie opwindende plek. En hulle gaan boonop in ‘n vuurtoringhuis bly! Kort voor lank vat Bessie die pad saam met Ma en Pa Hemelbesem, tant Potjierol en Pietersielie die seekoei. Maar watter geheime en gevare skuil op Smokkelaarsbaai? ‘n Lekkerlag-avontuur vol vreemde karakters en prettige situasies wat jou tone sal laat omkrul van plesier!

     
    Jy En Toetenkat
    - Martie Preller
    Die held van hierdie storie is … Jy! Ja, jy het reg gelees – Jy! Jy beland onverwags in antieke Egipte. Voor jy jou oe kan uitvee, het jy te doen met grillerige mummies, reuse piramides en ‘n pratende kat. Wie is die verwaande Toetenkat?

     
    Bertie Blikbrein
    - Jaco Jacobs
    Nico se pa is ‘n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp… Haarjel wat van kleur verander. ‘n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis ‘n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel. Toe Nico en sy beste vriend baklei, besluit Nicom om Bertie saam skool toe te vat…

     
    Net aliens eet spinasie
    - Jaco Jacobs
    Wat maak jy as daar ’n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy’s tog so oulik…En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om ’n vampier in die graad eentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma ’n knoffel-bazooka gebruik nie…Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy lees die boek, natuurlik! Want jy wil nie uitmis nie…

     
    ‘n Haas Moet Doen Wat ‘n Haas Moet Doen
    - Martie Preller
    Vir baie jare daarna het die mense nog gegons oor wat presies gebeur het. Gerda was op die voorblad van al wat ‘n koerant en ‘n tydskrif was. Verslaggewers het tougestaan om ‘n persoonlike ondehoud met haar te kry. Sy was beroemd! Selfs die oorsese koerante het die vreemde verhaal vertel. Die naam Gerda Marais was op almal se lippe. En dit het alles begin daardie oggend… daardie Donderdagoggend…Gerda Marais was ‘n doodgewone kind wat haar vaalbruin hare in twee boksterte gedra het. Sy was nie besonder mooi of slim nie. Sy was nie besonder goed in sport nie en kon nie bolmakiesie slaan soos die meeste ander kinders in haar klas nie. Sy het ‘n paar goeie maats gehad met wie sy pouses en smiddae gesels en gekuier het.Dit moet in die nag gebeur het, maar toe Gerda wakker geword het, het sy nog geen onraad vermoed nie…

     
    Fritz Deelman: Skepe Van Mars
    - Leon Rousseau
    Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in. In een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.

     
    Fritz Deelman: Swart Eiland
    - Leon Rousseau
    Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in ’n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerste onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers…

     
    Fritz Deelman En Die Woestynrowers
    - Leon Rousseau
    In hierdie derde titel: Moet luitenant Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie die gevreesde Rooi Sjeik aankeer. Die Rooi Sjeik is ‘n booswig wat in die Arrakbrosse, ‘n ongetemde streek in die Sahara-woesyn, verwoesting en dood saai in sy fanatiese soeke na een van die grootste skatte ooit. Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.

     
    Fritz Deelman En Die Ondersese Myn
    - Leon Rousseau
    ‘n Onverwagte telefoonoproep lei luitenant Fritz Deelman na ‘n stegie in die hawebuurt van Kaapstad waar hy ‘n geheimsinnige skraal man in ‘n vinnige motor sien wegjaag. ‘n Wilde nagtelike jaagtog volg en eindig eers toe die skraal man se motor met skreeuende bande oor een van die kaaie stort. Fritz duik agterna om die man te probeer red, maar in die donker water vind hy geen teken van die “drenkeling” nie. Die daaropvolgende gebeure dwing Fritz om die antwoord op die raaisel in ‘n ander werelddeel te gaan soek: die Stille Oseaan. Hier lê die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog ‘n avontuur in die opwindende lewe van Fritz Deelman.

     
    Fritz Deelman En Die Suidpoolbende
    - Leon Rousseau
    Wanneer luitenant Fritz Deelman verplaas word van die sonnige Bultvlei na die vreemde, duistere binnekring van die sewentigste breedtegraad, volg die een verbysterende insident op die ander. Die een dag het niemand nog daarvan gehoor nie, en ’n maand later is duisende mense dwars oor die wêreld verslaaf aan die dodelike dwelmmiddel – Satania. Tien dae lank is Fritz en Loeki de Klerk op die spoor van die onwettige jagters van spermwalvisse – die enigste bron van ambergrys, wat vir die vervaardiging van satania noodsaaklik is. In die fabelagtige, glansende wit wêreld van Antartika waar geen skaduwees, bergpieke of gesigseinder bestaan nie, kom Fritz en Loeki teen ’n oormag te staan. Wie is die leier van die magtige bende wat vanuit ’n basis honderde meter onder die sneeu en ys van die Palmer-skiereiland sy bose werk verrig?

     
    Fritz Deelman En Die Gori Lama
    - Leon Rousseau
    Luitenant Fritz Deelman van die internasionale veiligheidspolisie ontvang ‘n boodskap van sy vriendin, Loeki de Klerk, wat op besoek aan die Ooste is. In die skynbaar doodgewone boodskap vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig het en dat ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer. Sy vermoede word versterk deur ‘n geheimsinnige ontploffing – vermoedelik ‘n aanslag op sy lewe – en hy vertrek na die Ooste om die raaisels te probeer oplos. Uit die republiek Sikkim, noord van Indie, lei die spoor nou na die Himalajas, en daarvandaan na die geheimsinnige bergland van Tibet, sedert 1959 onder kommunistiese bewind, wat ‘n Westerling slegs met lewensgevaar kan binnedring. Hier ontvou eeueoue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman verstom.

     
    Fritz Deelman En Die Diepsee-Duikbol
    - Leon Rousseau
    Luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer, ‘n argeoloog, geword het terwyl hy die verlore stad Lemuria, wat duisende jare gelede onder die oseaan verdwyn het, gesoek het. Fritz word egter gevange geneem deur die bose Archimedes Levitopek sodat hy hom kan help soek na ‘n skat.

     
    Fritz Deelman En Die Groen Dood
    - Leon Rousseau
    Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos die van ‘n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van ‘n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op ‘n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur ‘n barbaarse stam oorweldig, word hy aan ‘n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte “groen hel” van die Amasone dieper binne. Dit is ‘n gebied waar giftige moerasse in die hitte lê en broei, en waar ‘n duisend gevare lê en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk.