Hoërskool Raslouw het ‘n vakonderwyser voor elke klas, met ‘n klasrooster, lesings, klasoefeninge, huiswerk, toetse en eksamens: gesonde onderwys.
Ons dra skooldrag en daar word dissipline uitgeoefen. Die akademie volg ‘n voorafuitgewerkte lesbeplanning en leerlinge moet byhou, soos in die regte wêreld, wat nie vir elke individu wag nie.
Die leerlinge is by ons nie leerders wat maar self deur die werk stoei nie; lesings is gestruktureerd en die onderwyser werk voortdurend met elke leerling om hom of haar deur die moeilike dele te help en te herhaal waar dit nodig is, terwyl gesorg word dat die kurrikulum behoorlik gedek word.
Die land se omstandighede stel hoë eise aan die Afrikanerkind. Hy of sy verdien ‘n stewige akademiese onderrig wat fokus op die basiese vakke. Hulle verdien die aandag van leermeesters wat hulle vakke ken en dit persoonlik oordra en die leerlinge begelei.
Leerlinge word aangemoedig om ook aan die sport- en kultuuraktiwiteite van die skool deel te neem.
VOLUIT SKOOL!

