DIE GEWONE OOMBLIKKE VAN SKOOLGAAN

Dit nogal interessant dat skoolgaan ten eerste oor die akademie behoort te gaan, maar die sport en die konserte kry die aandag as daar artikels geskryf word. Dis natuurlik logies, want akademie is iets wat rustig net gebeur en in ‘n gedissiplineerde skool met vakonderwys nie drama oplewer nie, en dus maak dit nie ‘n aanskoulike prentjie nie.

 

Hierdie keer wys ons iets van die akademie: in die graad 7-klas (ons eerste jaar van hoërskool) het elkeen sy eie manier om te werk aan die vraag wat op die bord geskryf is. Party dink hulle het die antwoord, en begin solank skryf, een se pen is darem al op pad papier toe, maar sommiges oordink die saak nog mooi. Juffrou Juanita Venter kyk op kamera toe nadat sy die leerling agter in die hoek gehelp het.

Leonard van der Dussen

This entry was posted on Wednesday, February 3rd, 2010 at 11:13 am and is filed under Algemene Kategorie. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. Both comments and pings are currently closed.

Comments are closed.